|
|
|
Susan, dankie vir al jou moeite van verlede week…jy en jou personeel was baie goed vir Tim en Marc en hulle het heerlik by julle gebly! llse—Johannesburg |
|
Susan, Ada en Werner het dit baie geniet om bietjie saam weg te wees. Dit was baie ontspannend en het dit baie geniet. Sy kon nie uitgepraat raak oor die lekker aand by die kunsuitstalling nie. Ons voel altyd soos eregaste by julle plekkie en word altyd bederf met die vriendelikheid en aandag, Dit beteken baie vir my ook en dat Ada weet waar ek my tyd deurbring as ek nie by die huis is nie. Van ons kant af ook baie baie dankies vir julle vriendelikheid en toewyding om altyd vir ons die verblyf lekker te maak. Peter –Durban
|
|
Letters from our guests: |
|
Ek wou al vir jou dankie se vir die manier wat jul omsien na ons gaste en my kollegas. Dis wonderlik. EK moes glimlag nou met Marc Greg en Don. Hul was SO bang vir S.A. en het aanvanklik in ‘n hotel geboek. Ons het hul oortuig om eerder na jou te gaan Aangesien die omgewing veilig is ens. Ek kan nie vir jou verduidelik hoe baie hul dit geniet het nie. Don kon nie uitgepraat raak oor hoe lekker hy met jou gekuier het nie (en hy was oortuig hul gaan op straat op hom skiet!!) En oor Anna se bederf om ontbyttafel kon hul nie genoeg praat nie. Gooseberry is die plek. Dankie Susan. Dit is great!! Hanna– Managing Director |

